Featured

Bloubosluise

Bloubosluise:

Inleiding

Bloubosluise veroorsaak jaarliks miljoene rande se skade. ‘n Duimreël (persoonlike kommunikasie, Louise Heyne) is dat ‘n bosluis waarskynlik 5 maal sy finale massa in bloed opneem in hul parasitiese lewensiklus.

Pas mens die reël toe op bloubosluise met hul kort lewenstydperk, en neem mens hul getalle in ag (sien laaste paragraaf) en dat sowat 7% van ‘n dier se massa bloed is, het dit ‘n enorme ekonomiese impak op die groeiprestasie van ‘n dier.

Weens bloubosluise se vinnige metabolisme, kort lewenstydperk het hul die vermoë om baie vinnig weerstandigheid te ontwikkel met ‘n ingewikkelde proses teen alle bosluisdoders bekend.

Algemene Kenmerke

  1. Twee groepe van ekonomiese belang kom in SA voor.
  2. Rhipicephalus (boophilus)  decoloratus
  3. Die uitheemse pantropiese bloubosluis,  Rhipicephalus  (boophilus) microplus.
  4. Bloubosluise dra na erge bloedverlies, hoofsaaklike rooiwater en of galsiekte (Anaplasmose) oor.
  5. Die inheemse bloubosluis  of Afrika bloubosluis kan net Afrika rooiwater oordra, wyl die uitheemse of Asiatiese bloubosluis, beide rooiwaters kan  oordra
  6. Die gewone bloubosluis voltooi sy  lewensiklus in ideale  omstandighede in  sowat 21-24 dae
    • waarna die vol gesuipte  wyfie afval
    • na sowat 6 dae begin om  sowat  2500 eiertjies te lê in ‘n  beskermde plekkie, soos graspolle
    • Die proses  is  aanvanklik intens. Sy lê in die eerste 70% daarvan vanaf dag 6 baie vinnig
    • totdat sy min of meer op dag 21 die laaste eiers lê en afsterf.
    • Die 6-pootige larwe broei na sowat 3  weke uit, mits  omstandighede gunstig is,  (temperatuur en vog) klim met  ‘n  grashalm na bowe en wag dan vir ‘n  prooi.
    • Larwes reageer heftig wanneer hul die  trillinge van  hoewe hoor en raak op ‘n  grashalm aan die dans (om te  kan heg)  wanneer hul in aanraking kom met die  koolsuurgas van ‘n dier se asem.
    • Die  larwe is ook so groot soos ‘n kopspeld se prik en moeilik vir die  onkundige oog om  te sien.

Lewensiklus

Die lewensiklus is hierna eenvoudig. 

  1. Die  eengasheerbosluis bly op die  dieselfde dier die hele tyd. 
  2. ‘n 6-pootige larwe neem ‘n bloedmaal binne die eerste 7 dae van vashegting, omvorm in die huid
  3. verander daarna in ‘n  agtpootige nimf, neem in  die volgende 7  dae ‘n bloedmaal en omvorm weereens, ontluik dan
  4. en word ‘n volwasse bosluis wat bloed moet inneem om geslagsryp te word, paar en afval en die lewensiklus begin weer.
  5. Wat hier verder van belang is, is dat die Asiatiese bloubosluis se  lewensiklus sowat een week korter is as die gewone bloubosluis.

Bloubosluisgetalle.

As ‘n voorbeeld hiervan word die volgende  inligting gegee van  ‘n studie deur Prof. Ivan Horak

  1. Vir ‘n elke 68 volgesuigde bloubosluiswyfie met die oog  sigbaar, is daar
  2. 476 ander wyfies in hul larf of nimffase
  3. vir elke wyfie is daar 2 mannetjies
  4. vir elke mannetjie 2 nimfe, en
  5. vir elke nimf, 2 larwes

Dit wil sê: 68 wyfies x 7 wyfies in larf of  nimfstadium

  • = 476 wyfies x 2 mannetjies = 938 mannetjies
  • d.w.s 476 + 938 = 1428 volwasse bosluise
  • en 1428 x 2 nimfe = 2856 nimfe x 2 larwes
  • = 5712

Totaal: 1428 + 2856 + 5712 = 9996 bloubosluise  wat hul  lewensiklus in sowat 21- 24 dae kan voltooi en met die eier se  uitbroei periode van  sowat 6 weke tussenposes, kan ‘n geslag  bosluise  homself sowat 4 keer in 365 dae herhaal.

Dit is dus in hierdie hele proses waar die bosluis  op een gasheer  bly, en blootgestel word aan die  aanwending van dipstowwe,  waar  weerstandigheid teen dipstowwe geselekteer  word. Dit is  dan ook net die bloubosluis en nie  die ander bosluisgroepe wat  ook op die dier  voorkom nie.



Verder is dit belangrik, met die getalle van bo,  om te besef dat  elke wyfie sowat 3-5 ml bloed  inneem.

Sou mens die getalle  vermenigvuldig, is  die hoeveelheid bloed wat ‘n dier moet reproduseer om ‘n goeie produksie te lewer, ‘n  interessante  faktor.

Coccidia and Eimeria

Based on notes from a short course at the Free State University, Prof Ivan Horak

The coccidia Eimeria and Isospora occur in the intestines of all animals, but causes diseases only when the resistance of the animal is low. It is difficult diagnosing coccidiosis, because clinical bloody signs are associated with the latter part of the early sexual phase with females.

Coccidiosis is transmitted by ingestion of sporulated oocysts, (the infectious stage) and the infection can be acquired from contaminated feed, water, grazing pastures, soiled pastures or by licking a hair coat, contaminated by oocysts in one way or another.

Coccidia destroy the animal’s intestinal cells, which results in loss of blood and other fluids into the small intestine. Blood and other bodily fluids then pass in the faeces, which should be very watery.

Death is primarily a result of diarrhea, which causes a loss of electrolytes and dehydration. The clinical course of coccidiosis ranges from 4 to 14 days. Losses due to coccidiosis result from a decrease in absorption of nutrients due to damage to the intestinal lining.

Reality is, the coccidia Eimeria and Isospora occur in the intestines of all animals and it outbreaks will happen when the resistance of the animal is low. The question to answer is, what is the possible causative stress factors for the enclosed animals.

Preventative care

Proper sanitation and good animal husbandry practices are important in preventing coccidiosis. Water and feed troughs should be constructed and located to reduce faecal contamination.

Treatment

Although coccidiosis is considered a disease of young animals, older animals are frequently infected with Eimeria. The severity of clinical coccidiosis depends on the number of sporulated oocysts ingested and the general health of the infected host.

An objective of control must be then to reduce the possible number of oocysts available for ingestion.

The problem in treating coccidiosis

Infected animals often recover without treatment due to acquired resistance to the disease

  1. The signs of the disease do not appear until the life cycle is almost complete

  2. Coccidiosis parasites have already passed through the life cycle stage where anticoccidial drugs are most effective.

  3. Tt this stage, the gut of the animal may have been already severely damaged.

Characteristics of Sable antelope, as a possible cause of stres

To many this is a stupid question, but it remains still a factor.

We know that Sable bulls are aggressive, fierce fighting occur between bulls when a female is in oestrus and there to mate. The female will be taken out by the bull, away from the female herd when she is in oestrus.

This period ensures a huge amount of stress unto the bulls and females. Feeding is irregular and indifferent and huge amounts of energy as well as mineral usage are natural. This period is also a time and period when their immunity systems are on the low side, resulting in possible parasitic infestations and attacks.

Thoughts and questions

Intellectual ability

There is a question to the stress animal’s experience, in correlation with their possible “intellectual” ability. What role does their understanding play to the stress they experience in the way they individually perceive the environment they are enclosed in.

What role does it play in the needs to naturally reproduce, the way they are managed, enclosed, their personal craving towards mineral more or less mineral needs, indifferent grazing needs, individual mineral needs and mineral deficiency needs. There is no way that an animal, though the same specie, have a linear mineral equation in the mineral requirements the individual need.

Females in oestrus in enclosed areas need more supplements to ensure a healthy sperm take from the bull. During the gestation periods, supplements such as absorbable Vitamin A, D and E will ensure a healthy natural development /growth of the unborn, hopefully in an acceptable stress environment, as stress to the animals is natural and a needy part of their existence.

(Will do a write up to the various minerals to game in a follow up)

Why sensible parasitic control in this period.

It is very important in the gestation period, to allow a natural balance of parasitic infestation to te animal. This will keep the female’s immunity system intact and well balanced.

The reason for this is to transfer the acquired natural immunity off the female (acquired over time) and resistance to the various influences of the environments parasites, over to the natural development of the unborn calf.

As said, a program where enzootic stability is formulated and established naturally to the parasites of the environment, is in the best economic interest of the breeder and his animals.

Colostrum

Lastly, the just borne calf needs healthy colostrum. This matter is not always well understood and a very neglected matter in the game industry, it seems.

Colostrum transfers the very best of the required and acquired health, resistance, qualities of the mother to the youngster. A calf raised in this manner, adapt faster, grow faster and acquire very quickly its own natural resistance to the parasites of the environment. But, healthy colostrum needs to be ensured long before calving.

This clearly explains why parasite control should be done on a planned, strategic and scientific basis.

Pierre van Niekerk

Rooiwater by beeste

Inleiding

Daar is twee tipe rooiwater, Babesia Bigemina en Babesia Bovis.
Die inheemse Afrikarooiwater word deur die inheemse bloubosluisspesie Rhipicephalus decoloratus oorgedra kan word. Dit kan ook deur die R. Micropolusspesie oorgedra word.
Interessante feite oor die verskillende rooiwaters
  1. Rooiwater word hoofsaaklik deur 1-gasheerbosluise oorgedra. Die Literatuur het dit ook dat Afrika rooiwater deur nog ‘n bosluis, ‘n 2-gasheerbosluis, naamlik die rooipootbosluis (Rhipicephalus evertsi evertsi ) oorgedra kan word.
  2. Babesia bovis word deur die Asiatiese bloubosluis, Rhipicephalus microplus oorgedra. Hierdie organisme is meer virulent as die Afrika rooiwater of dan B. bigemina.
  3. Hierdie bloubosluisspesie is ‘n ongelooflike intelligente organisme. Nie net kan hy beide tipe rooiwaters oordra nie (Afrika bloubosluis kan net Afrika rooiwater oordra), maar het hy ‘n ongelooflike vermoë om weerstandigheid teen bosluisdoders te ontwikkel.
  4. Die bosluis se vermoë om in ongewone klimaatsomstandighede aan te pas, soos teen die koue voete van die Drakensberge in Suid Afrika, en die warm Kalaharigebied na Tosca, Bray, Stella, Kuruman en verder noord is werklik kommerwekkend.
  5. Kommerwekkend, omdat die bosluispesie die Afrikabosluis wat ‘n effe langer leeftyd het, (sowat 24 dae) verdring en laat uitsterf. Die probleem hiermee is dat die bosluis beide rooiwaterspesies in gebiede inbring waar ensooitiese stabiliteit teen Afrikarooiwater kon ontwikkel het.
  6. Die metode om die Afrikabosluis te verdring is intressant. Die mannetjies paar met die Afrikabloubosluise en bevrugting vind nie plaas nie, maar sterilisasie. Die Asiatiese bloubosluis het ook ‘n effe korter lewenstydperk (+-21 dae) en lê sowat 500+ eiers meer as die gewone Afrika bloubosluis.
  7. Teen Afrika rooiwater kan geredelik ensooitiese stabiliteit gevind word. Dit beteken dat die diere die vermoë ontwikkel om die Afrikas rooiwaterorganisme in die kudde te verdra en, sou daar ‘n uitbraak plaasvind, die kudde nie erg daardeur geraak hoef te word nie. slegs vatbare diere wat nie die nodige teenliggaampies opgebou het in sy immuunstelsel nie.
  8. Om ensooitiese stabiliteit teen Asiatiese rooiwater te verkry, is heelwat moeiliker.
Die oordraging van die rooiwaterorganisme
  1. Afrika rooiwater word deur die bloubosluis deur die eier oorgedra van een geslag na die volgende geslag. Die bosluis kan dus die Afrika rooiwaterorganismes in die larfstadium aan die gasheer oordra word en die organisme bly in die bosluis teenwoordig.
  2. By Asiatiese rooiwater word die bosluis besmet met die Asiatiese rooiwaterorganisme op ‘n gasheer wat ‘n draer of reserviour is van die organisme is.
  3. Die bosluis dra dus nie die organisme hier oor nie, maar ontvang die organisme hier van die gasheer. Na afsterwe dra hy die organisme deur sy eier na die volgende geslag oor.
  4. Na die eier uitgebroei en ‘n larf te voorskyn kom, dra die besmette bosluislarf met aanhegting die Asiatiese rooiwaterorganisme oor in sy nuwe gasheer se bloedstroom.
  5. Hierdie is belangrik om te weet. Die besmette bosluis verloor die verplaasde Asiatiese rooiwaterorganisme heeltemal. Die bloubosluis is reeds in sy nimfstadium heeltemal skoon van die organisme al voed hy verder op die gasheer. Die bosluis neem hy nie die verplaasde organisme weer in sy bloedmaaltye op nie.
  6. Die bosluis is dus na voltooing van sy lewenssiklus heeltemal skoon van die organisme en moet eers weer in ‘n nuwe siklus met die organisme besmet word deur n draer of gasheer besmet word.
  7. Dit is die enkele rede waarom ensooitiese stabilteit teen die Asiatiese rooiwater baie moeilk verkry of verwerf word.
Kliniese tekens of simptome van rooiwater
  1. Hoë koors
  2. Rooierige of bruin uriene
  3. Slymvliese bleek tot geel
  4. Vinnige vlak haastige asemhaling
  5. Mis is pap en dikwels baie geel.
  6. Asiatiese rooiwater het verskeie kliniese ooreenkomste met hartwater.
Behandeling
Rednil, Berenil, Dimisol, Reverin of Forray 65, vit B-kompleks, lewerondersteuningsmiddels.
Voorkoming
  1. Diere kan suksesvol ge-ent word, veral nodig as diere vanuit gebiede waar rooiwater nie voorkom nie.
  2. Bosluisbeheer moet kundig toegepas word om diere deurlopend blootstelling te gee aan die rooiwaterorganisme deur bosluisbyte. Diere sal van te skoon dip, hul verworwe verdraagsaamheid teen rooiwater in ‘n paar maande verloor
  3. Daar is in die verlede geglo dat kalwers ‘n natuurlike weerstand het tot ongeveer ses maande oud. Dit is vir verskeie redes nie meer die oortuiging nie. Met die regte bestuur kan kalwers immuuniteit verwerf teen rooiwater in gebiede waar die siekte voorkom.

Wurmmiddels by skape

Daar is sowat 10 Aktiewe, of dan groepe molekules wat by die ontwurming van skape gebruik word in Suid Afrika.

Dis belangrik om met kundige inligting tydig die regte aktief die regte tyd te gebruik. Ook om die wurmmiddel-aktiewe se gebruik en blootstelling aan ‘n kudde af te wissel om weerstand teen die aktiewe te voorkom.

Haarwurm ontwikkel vinnig ‘n weerstand teen middels. Daar is verskeie redes daarvoor. Baie hoe metabolisme, kort reproduksietye en ook kort doseringsprogramme en intervalle.

Landwyd word wydverspreide weerstandigheid teen meeste van die aktiewe groepe ondervind.  Elke plaas het sy unieke karakter en persoonlike omstandigheid en diere wat geneties swak is wat meer dosering benodig en dus weerstand teen die middels verhoog.

Wurmmiddels en hul aktiewe groepe

Groep 1:   Makrosikliese laktone – Rondewurms en uitwendige parasiete soos Cydectin

Groep 2:  Benzamidasole – Lewerslak en rondewurms  soos Prodose green

Groep 3:  Imidazole – Rondewurms  soos Prodose red

Groep 4: Salisielanalides – Lintwurms en Lewerslak  soos Exalint

Groep 5:  Nitrofenole – Lewerslak  soos Trodax en Tramizan

Groep 6:  Sulfonamiede – Koksidiosis

Groep 7:  Organofosfate – Rondewurms  soos Uni-Dose)

Groep 8:  Isoqunoliene – Lintwurms

Groep 9:  Kombinasie middels – Rondewurms, lewerslak en lintwurms  soos Prodose Orange

Groep 10:  Spirinoindole – Rondewurms, Neuswurms, Myte soos Startect

Ektoparasietmiddels vir skape

Daar is tans 6 aktiewe groepe vir die beheer van ektoparasiete in skape:

1. Organofosfate en karbamate soos Zip dip

2. Piretroïede  soos Paracide

3. Formamidiene  soos Amigard

4. Kitiensintese- inhibeerders soos Fleece care

5. Makrosikliese laktone soos Cydectin

6. Kombinasie van aktiewe soos Amipor

Ook hier is dit belangrik dat die aktiewe groepe afgewissel word om weerstandigheid te voorkom.  .

Famacha “Five Point Check Plan

FAMACHA: (Die “Five point check” program)
Dit is gewoon wys om die FAMACHA om elke maand in die somer maande en elk 2de maand herfs en winter en lente ‘n mismonster in te neem vir eiertellings by ‘n bekwame persoon.
Vars mis moet geneem word van ongeveer 10 – 20 ooie in elke kudde, asook 10 – 20 lammers om ‘n goeie gemiddelde verspreiding van die haarwurmbesmetting te bereken.
Eiertellings saam met die gebruik van FAMACHA kaart se Indikasie Stelsel gee goeie besluitneming oor ontwurming en ander produksie/produktiwiteitsbesluite.
Dis nie nodig om ‘n standaard ontwurmingskedule te volg nie. Dit lei na weerstandsontwikkeling van die wurms.
Die “Famacha Five point check” bestaan uit:
FAMACHA
1. Die mukusmembraan se kleur in die oog is die aanduider van vlakke van besmetting.
2. Neus: Die slymerige uitloopsel/uitskeidng is aanduidings van erge neus- en longwurms
3. Kwakkaak is ‘n swelsel/hangsel onder die kaak wat dui op  moontlike proteintekorte/ verlies (dus bloedverlies) weens die wurms.
4. Liggaamskondisie se meting wat ‘n aanduiding is van ander tipe wurms wat n probleem kan veroorsaak, soos bankrotwurms
5. Stert: Slap misvlekke of diarrhoea is ook ‘n aanduiding van wurms of en of eimeria en Koksidioses
Gereelde mismonstertoetse voor dosering en ook 12 dae na ontwurming sal aandui of weerstand ontwikkel het teen ‘n spesifieke aktief/aktiewe in wurmmiddelgroepe.

Vervanging van ramme

Vervangings ramme:

Ramme moet gereeld vervang word om te verseker dat ‘n wye genetiese diversiteit gebruik kan word.

Dit sal verseker dat inteling verhoed word of plaasvind. Met inteling kan ‘n verhoogde moontlikheid dat swak genetiese eienskappe oorgedra word. Ramme moet nie meer as 2 jaar by ‘n gegewe kudde gebruik word nie.

Pierre van Niekerk

Rekordhouding van Skape

Die volgende aspek is belangrik vir ‘n produktiewe skaapboerderystelsel.

1. Datum van als wat gedoen word, asook die beplanning van wat ook al gedoen moet word op daardie dag. Byvoorbeeld entingskedule, Famacha, ens.

2. Skaap nommer (Die nommer moet bestaan uit jaar gebore plus skaap nr.)

3. Ouderdom (Hoeveel tand is die dier, goed om gereeld na die bek te kyk)

4. Gewig en voeding

5. Die implementering van die “Five Point check” (FAMACHA beginsels vir haarwurmdoseering

6. Kondisietelling of evaluering (Koste, produksie en vrugbaarheidsbestuur)
6.1 Parasietbehandelingsbestuur en program en produkte, tyd en datum
6.2 Paringsdatum, voorbereiding en beplanning vir ooie
6.3 Ramvoorbereiding en selektering
6.4 Dragtigheidsstatus van ooie
6.5 Konsepsiesyfer van ooie 
6.6 Lampersentasie (ooie)
6.7 Suksesvolle speenpersentasie (ooie)

Beheer Bosluisgetalle Doeltreffend

Baie bosluise bereik ná die lang droogte nou die einde van hul lewensvermoëns en moet met die eerste en beste ideale geleentheid hul lewensiklus voltooi.

Die droogte het naas die verlies aan veld en weiding, ook vele biotiese lewe gedwing om in ‘n rusperiode te gaan. Van hierdie lewe is bosluise waarskynlik die belangrikste faktor waarmee rekening gehou moet word. Baie van hierdie bosluise bereik ná die lang droogte nou die einde van hul lewensvermoëns en moet met die eerste en beste ideale geleentheid hul lewensiklus voltooi.

Lewensvermoëns van enkele belangrike bosluise
Verskeie groepe meergasheerbosluise, soos bontbosluise, kan vir lang periodes )tot sowat drie jaar) neem om hul lewensiklus te voltooi. Onder normale omstandighede sou hul dit kon doen tussen drie en vyf maande.

Bontpootbosluisnimfe, wat in veral droë gebiede aktief is, kan vir sowat vyf maande onaktief raak indien omstandighede ongunstig is vir hul voortbestaan. Volgesuigde wyfies kan sowat agt maande wag voordat hul eiers lê in ongunstige of baie droë toestande.

Bruinoorbosluise is dagligsensitief. Afhangende van omstandighede, kan hul binne 10 dae tot twee maande neem om te vervel na gelang van omstandighede. Daarna lang tydperke oorlewe.

Eengasheerbosluise, soos bloubosluise, blyk nie meer grense te ken tussen winter en somer nie. Swaar besmettings is in die winter in droeër gebiede, soos Vryburg en Piet Plessis, gevind. Hul bly op een gasheer en kan tot agt maande oorleef sonder ʼn bloedmaal.

Beheer
Beheer van bosluise kan werklik net met kennis gepaard gaan. Weerstandigheid van artropode teen chemiese middels word oorgeërf. Dit vind plaas deur die selektiewe uitwerking van chemiese middels op weerstandige individue wat in klein getalle bosluise van alle groepe wat op die plaas voorkom. (Brown, 1976). Die grootste weerstandigheid word veroorsaak deur ‘n hoë frekwensie gebruik van bosluisdoders.

Veral wildboere kan hieraan skuldig wees omdat hul weens hul bosluislas op diere deurlopend bosluisdoders in onvoldoende doodmaakhoeveelhede toelaat. Boonop is opstellings en toedieners van só ‘n onkundige aard wat geen kennis bewys oor die rol van ultravioletstrale en impak van hitte op die aktief in bosluisdoders nie.

Weerstandigheid teen bosluisdoders (Sutherst & Comins, 1979).
Die bestaan of invoer (met aankope) van bosluis-individue wat ‘n mate van weerstandigheid besit (allelomorfe) teen bosluisdoders.

By vestiging van hierdie halfweerstandige individue (heterosigote), paar hierdie bosluise met potensiële genetiese weerstandige bosluisindividue wat die genetiese vermoëns uitbrei. (Keiding,1974).

Die finale fase is die vestiging en seleksie van volledig weerstandige  individue (homosigotiese individue) vind gewoonlik baie vinnig plaasvind. (Sutherst & Comins, 1979).

Bosluisvermindering en bestuur
Kennis van die lewensiklus van die bosluisgroepe op ‘n plaas, tesame met ‘n effektiewe produk wat funksioneel bosluise maksimaal kan uitskakel en verhoed dat hul nimfstadiums of geslagsrypheid bereik, (winter of somer) is baie werd.

Dit verhoed dat vele bosluise hoogseisoen-aktief is en ook in staat gestel word om aan te teel – veral in die somermaande. Karooverlammingsbosluisnimfe weer in die wintermaande.

Vele gevaarlike bosluisgedraagde siektes word nie met die eier oorgedra soos met rooiwater by bloubosluise nie. Die larf en nimf moet met die organisme besmet word op ‘n ander gasheer, voordat dit die siekte-organisme aan ‘n nuwe gasheer kan oordra.

Dieselfde argument vir beheer geld vir laatsomer. Bosluise moet verhoed word om geslagsrypheid te bereik, te paar en eiers te lê. Bontbosluiswyfies klim byvoorbeeld nie op ‘n gasheer as daar nie ‘n mannetjie is wat geslagsryp is en feromone afskei nie. Sou hul dit wel bereik, moet hul verhoed word om tot 18 000 eiers lê.

Dit kan net gebeur as effektiewe hoeveelhede bosluisdoders tydig en tyd-strategies, waarteen daar nie weerstandigheid geselekteer is nie, op plekke van die dier se lyf toegedien word waar dit funksioneel effektief is, soos by die ore, spene en geslagsdele.

Dipprogramme
Met kundige effektiewe diptoediening behoort geen wild- of veeboer meer as ses tot nege keer per jaar te dip, behalwe in uitsonderlike omstandighede waar weerstandigheid ‘n rol speel.

* Geskryf deur Pierre van Niekerk, pierre@dieregesondheid.co.za

Deurlopende dip by wild en weerstandigheid

Inleiding

Die nood by wildboere met skaars en duur wild om bosluise effektief te beheer veroorsaak menigmale dat praktyke toegepas word wat nie enige begrip toon vir die karakter, aard of natuur van skadelike bosluisspesies om hul effektief te beheer nie. Dit doen meer skade as goed.

Tans voorsien die Dieregesondheidsmaatskappye ongeveer 100 handelsname en samestellings wat kombinasie-samestellings van verskillende aktiewe insluit vir bosluisbeheer op wild en vee.

Saamgestelde bosluisbeheermiddels bestaan uit kombinasies van aktiewe, wat geselekteer is uit sowat 18 aktiewe of molekules wat in 5 klasse, (beter bekend as  chemiese groepe) beskrywe word. Klasse kan hier beskrywe word as vyf wyses, metodes of maniere van werking van hoe dit artropode (bosluise) se lewensfunksies ontwrig en sodanig dan uit te skakel.

Hierdie 5 klasse of groepe is;

  • Organofosfate
  • Piretroïede
  • Formamidiene
  • Makrosikliese laktone en
  • Kitiensintese inhibeerder of groeireguleerders.

Genetiese oorsprong van weerstandigheid in bosluise (artropode)

Weerstandigheid by bosluise ontstaan deur bosluisdoders toe te dien op natuurlike weerstandige mutasies bosluisindividue, wat in alle groepe van bosluise voorkom.

Weerstandigheid teen bosluisdoders word oor tyd oorgedra na nuwe geslagte bosluise toe. Die toedien van bosluisdoders, selfs in volsterkte op weerstandige mutasies bosluise wat in veldbevolkings voorkom, het slegs ‘n selektiewe invloed op die bosluise en ontwrig nie genoegsaam die funksies in die bosluis wat geteiken word nie. (Brown, 1976).

Volgens Sutherst & Comins,1979, vind die ontwikkeling van weerstandigheid teen bosluisdoders in drie fases plaas by bosluise wat aan die groepe bosluisdoders blootgestel word.

  1. Daar moet ‘n weerstandige mutasie of bosluisindividue (allomorfe) bestaan wat reeds daar is, of ingevoer word deur byvoorbeeld die trek van wild, voëls wat draers is of aankope van besmette diere met sodanige potensieel weerstandige bosluisindividue. Deur ‘n proses van onwillekeurige mutasie, wat proporsioneel ooreenkom met die grootte van die bosluispopulasies, vind die ontwikkeling plaas.
  2. Wanneer hierdie nuwe groep individue of heterosigote (halfweerstandige individue) bevestig is, kom die tweede fase van verspreiding van weerstandige heterosigote deur seleksie voor. Volgens Keiding,1974, vind dit plaas deur middel van die verstrooiing van genetiese weerstandige individue onder ontvanklike sub-populasies wat onder die bosluisbevolking voorkom. Geen sigbare weerstandigheid is merkbaar tydens hierdie fase nie
  3. Volgens Sutherst & Comins, 1979, is die finale fase is die vestiging van homosigotiese individue (volledig weerstandige bosluisindividue) weens die gebruik en stereotipe toediening van bosluisdoders in ‘n bepaalde bosluisbevolking, baie vinnig.

Weerstandigheid teen bosluisdoders

Weerstandigheid teen bosluisdoders kan gesien word as die vermoë van die bosluis om die funksie van die bosluisdoder se aktiewe middel te negeer, te oorkom of te oorleef en uiteindelik sy normale lewensiklus ongesteurd te voltooi.

  • Du Toit, Graf & Bekker, 1941 het heel eerste bevindings gepubliseer oor die ontwikkeling van  bloubosluisweerstandigheid teen arseen.
  • Mathewson & Baker, 1975 het weerstandigheid teen arseen bevestig by rooipootbosluise, bruinoorbosluise, bontbosluise (Boophilus) microplus
  • Baker, Jordaan & Robertson, 1979; Whitehead & Baker, 1961 by Asiatiese bloubosluise
  • Die wydverspreide gebruik van organofosfate as bosluisdoders in die veld het weerstandigheid by Afrika bloubosluise weerstand geselekteer en ook rooipoot- en bruinoorbosluise (Baker & Shaw, 1965; Baker et al., 1978a; Baker et al., 1978b; Coetzee et  , 1987a).
  • Daarna het weerstandigheid by die bloubosluise weens die voortdurende gebruik van sintetiese piretroïede, (Coetzee et el.1987b) wat vandag hoofsaaklik deur wildboere gebruik word in toedieners sonder oordeel en insigte van die gevare daarvan
  • Mekonnen et al., 2002 het weerstandigheid teen Amitraz (formamidiene) gevind by bloubosluise en bontbosluise, wat ‘n 3 -gasheerbosluis is.

 Deurlopende toediening van bosluisdoders op wild

Weerstandigheid teen bosluisdoders is in niemand se belang nie. Dit hou groot bedreigings in vir die suksesvolle vooruitgang van die wild en veebedryf. Vir die skep van rykdom onder bestaansboere en die produksie van skoon en veilige kos.

Veterinêre, Farmaseutiese en Dieregesondheidsmaatskappye het ‘n kwynende bron van waardevolle middels wat die uitdagings van veranderende klimaatsomstandighede, weerstandigheid teen antibiotika teen hartwater, asook ander artropode se skade moet voorkom by veral plantproduksie.

Die koste verbonde aan die ontwikkeling van ‘n nuwe beheermiddels was enkele jare gelede beraam op ongeveer US$300 miljoen per middel (onder korreksie).

 Ten slotte

Dipprogramme waar bosluise op vee en wild enigsins meer as 5-8 keer per jaar beheer moet word,  het geen wetenskaplike onderbou in hul bosluisbeheerprogramme nie. Dit is en moet ‘n baie duur uitgawe wees.

Wild wat ‘n deurlopende dipprogram ondergaan om bosluise op die diere te probeer beheer, het min begrip van die skade wat hul hulself aanrig met die onkundige toediening van bosluisdoders.  Dit is iets wat ter wille van die saak aan boere wys en opvoedkundig gekommunikeer moet word.

Dipstof hoort in genoegsame hoeveelhede op die teikengroepdier. Nie in die bosse rondom die diere nie.

 

 

 

Die visie van diere by die Dipproses

Die visie van diere

  1. Doel van die skrywe

By ‘n onafhanklike dipproses is daar enkele faktore wat belangrik is by ‘n suksesvolle dipproses. Die gedrag, aard en karakter van die onderskeie groepe diere wat gedip moet word met die Dipmaster, verskil. Wat diere sien, speel ‘n belangrike rol in wat hul sal doen en nie doen nie en, ook hoe hul optree.

Die verskil in diere se visie word hier verduidelik.

Wat belangrik is van hierdie onderwerp is hoe die tekortkominge van die onderskeie diere se visie gebruik kan word om hul met die Dipmaster suksesvol te kan dip.

Die visie van teikendiere speel ‘n belangrike rol tydens die toediening van dipstof wanneer dit onafhanklik van mens-gedomineerde omstandighede plaasvind. Die Dipmaster dipproses vind plaas sonder menslike bestuur en invloed, sonder enige kragbron, arbeid en doelgerigte hantering soos die versameling van diere.

  1. Die rol van visie in die onafhanklike of vrye dipproses.

Die manier hoe oë in diere se koppe geplaas is, speel ‘n belangrike rol in die visie van die dier. By wild is die blindehoeke van hul visie belangrik tydens die dipprosesse.

2.1 Binokulêre visie

Meeste roofdiere het ‘n binokulêre visie. Die sketse verduidelik

  • Binokulêre visie het ‘n diepte perspektief
  • Beide oë kan sien wat die ander een sien
  • By binokulêre visie is die oë voor in die kop posisioneer en, die visie van die oë oorvleuel mekaar. Die een oog sien ook wat die ander oog sien. Diere met binokulêre visie het 3- dimensionele vermoëns en ook die vermoë om diepte en afstand te kan skat.
  • Hierdie vermoë bring mee dat jagterdiere hul prooi se afstande kan skat.

McCrodan-Vision-Development-Education-Binocular-Vision

Skets 1

 Monokulêre Visie

Meeste diere waarop jag gemaak word in die Natuur, het monokulêre visie. By monokulêre visie is die oë aan die sykante van die dier se kop posisioneer en het die dier geen perspektief van diepte of afstand nie.

  • By monokulêre visie kan die een oog nie sien wat die ander oog sien nie
  • Monokulêre visie kan nie afstand skat nie en, het nie ‘n “diepte” perspektief nie.
  • Monokulêre visie word objekte nie 3-dimensioneel gesien nie

Die volgende sketse verduidelik.

horse-vision-chart

Skets 2

 Dipmaster by beeste, skape en bokke

Beeste: By beeste het die rol van visie geen beduidende rol gespeel wanneer beeste oor die dipstel beweeg het deur ‘n hek, drukgang, draad met diptoediening direk op nek of kruis nie. Diptoediening op die sye is gewoon geïgnoreer.

Onderstaande skets verduidelik die blindehoekvisie van beeste wat in sirkeldrukgange gedip word. In Figuur 1 van onderstaande Skets 3, wys die blindehoek duidelik. Die Dipmaster laat sy volume dipstof direk agter die visie uit op die skof en die kruis. Sou die dier in ‘n sirkeldrukgang loop, sal meeste goedbeplande drukgange die 270 grade visie van die dier sodanig kanaliseer dat hantering en die dipproses baie maklik is met die Dipmaster. Sowat 15 beeste word per minuut met die Dipmaster gedip.

Fig 2 in Skets 3 wys die blindehoek in ‘n reguit drukgang. Al wat nodig was in reguitdrukgange was trappale in die pad te plaas wat die dier se trap manipuleer het om op die Dipmaster te trap.G6da7F9Skets 3

  1. Daar is verskeie maniere waarop die Dipmaster skape en bokke kan dip.

Skaap en bok het min tot geen reaksie getoon wanneer die dip vanuit ‘n blindehoek posisie van hul sig toegedien is nie.

Dit is egter nie die uitdaging nie.

Die uitdaging is om metodes te vind in ‘n drukgang, kamp, kraal of oopveld wat sorg dat skape en bokke op die dipstel sal trap om gedip te word.  Vir dit moet hul loop en trap verstadig word en natuurlik manipuleer word om op die dipstel natuurlik te trap.

Die volgende foto’s is metodes wat gebruik kan word.

 DSCN0604-1024x768

Foto 1: Hoogtes wat die vastrap om te spring verhinder en dan ‘n horisontale posisie waar die dier op die Dipmaster trap

i303

Foto 2

Sporte in die drukgang wat diere onder normale omstandighede dwing  ‘n bepaalde wyse van trap te volg, wat hul lei om direk op die Dipmaster te trap om gedip te word..

Taltec toerusting

Foto 3

Taltec drukgang met ‘n hek, waar die hek en deurgange van die hek gebruik kan word om die diere, nadat hul oor die Dipmaster beweeg het voor die hek, links of regs gekanaliseer word of na keuse geselekteer word.

  1. Nagsig en visie

Diere met monokulêre visie het nie goeie nagsig nie. ‘n Taltec skaapdrukgang soos bo gesien, wat met ‘n hoek geplaas word soos gesien ‘n Foto 3, en weer ‘n gang af soos die opgang (Foto 1) wat in ‘n gang geplaas word soos onderstaande sinkhuis, (Foto 4) verstadig die trap en beweging van skape in totaliteit.

Untitled 0 00 07-16

Foto 4

Die Dipmaster word dan die enigste horisontale oppervlakte in die deurgang. waarop ‘n dier moet trap met die opgaan en die afgaan, waar hy sy veiligheid moet bereken. Dit kan ‘n grondof klipperpad ook wees as oprit en afrit.

Net genoeg lig moet beskikbaar wees om die dier nie te laat vrees om deur te beweeg nie, maar tog wel sy loop en trap en moet bereken om deur te beweeg.

Diptoediening op die dier, waar ook al nodig, was nie in enige van die proewe ‘n faktor vir die diere nie.

Pierre van Niekerk

pierre@dieregesondheid.co.za

www.dieregesondheid.co.za

0822208386