Deurlopende dip by wild en weerstandigheid

Inleiding

Die nood by wildboere met skaars en duur wild om bosluise effektief te beheer veroorsaak menigmale dat praktyke toegepas word wat nie enige begrip toon vir die karakter, aard of natuur van skadelike bosluisspesies om hul effektief te beheer nie. Dit doen meer skade as goed.

Tans voorsien die Dieregesondheidsmaatskappye ongeveer 100 handelsname en samestellings wat kombinasie-samestellings van verskillende aktiewe insluit vir bosluisbeheer op wild en vee.

Saamgestelde bosluisbeheermiddels bestaan uit kombinasies van aktiewe, wat geselekteer is uit sowat 18 aktiewe of molekules wat in 5 klasse, (beter bekend as  chemiese groepe) beskrywe word. Klasse kan hier beskrywe word as vyf wyses, metodes of maniere van werking van hoe dit artropode (bosluise) se lewensfunksies ontwrig en sodanig dan uit te skakel.

Hierdie 5 klasse of groepe is;

  • Organofosfate
  • Piretroïede
  • Formamidiene
  • Makrosikliese laktone en
  • Kitiensintese inhibeerder of groeireguleerders.

Genetiese oorsprong van weerstandigheid in bosluise (artropode)

Weerstandigheid by bosluise ontstaan deur bosluisdoders toe te dien op natuurlike weerstandige mutasies bosluisindividue, wat in alle groepe van bosluise voorkom.

Weerstandigheid teen bosluisdoders word oor tyd oorgedra na nuwe geslagte bosluise toe. Die toedien van bosluisdoders, selfs in volsterkte op weerstandige mutasies bosluise wat in veldbevolkings voorkom, het slegs ‘n selektiewe invloed op die bosluise en ontwrig nie genoegsaam die funksies in die bosluis wat geteiken word nie. (Brown, 1976).

Volgens Sutherst & Comins,1979, vind die ontwikkeling van weerstandigheid teen bosluisdoders in drie fases plaas by bosluise wat aan die groepe bosluisdoders blootgestel word.

  1. Daar moet ‘n weerstandige mutasie of bosluisindividue (allomorfe) bestaan wat reeds daar is, of ingevoer word deur byvoorbeeld die trek van wild, voëls wat draers is of aankope van besmette diere met sodanige potensieel weerstandige bosluisindividue. Deur ‘n proses van onwillekeurige mutasie, wat proporsioneel ooreenkom met die grootte van die bosluispopulasies, vind die ontwikkeling plaas.
  2. Wanneer hierdie nuwe groep individue of heterosigote (halfweerstandige individue) bevestig is, kom die tweede fase van verspreiding van weerstandige heterosigote deur seleksie voor. Volgens Keiding,1974, vind dit plaas deur middel van die verstrooiing van genetiese weerstandige individue onder ontvanklike sub-populasies wat onder die bosluisbevolking voorkom. Geen sigbare weerstandigheid is merkbaar tydens hierdie fase nie
  3. Volgens Sutherst & Comins, 1979, is die finale fase is die vestiging van homosigotiese individue (volledig weerstandige bosluisindividue) weens die gebruik en stereotipe toediening van bosluisdoders in ‘n bepaalde bosluisbevolking, baie vinnig.

Weerstandigheid teen bosluisdoders

Weerstandigheid teen bosluisdoders kan gesien word as die vermoë van die bosluis om die funksie van die bosluisdoder se aktiewe middel te negeer, te oorkom of te oorleef en uiteindelik sy normale lewensiklus ongesteurd te voltooi.

  • Du Toit, Graf & Bekker, 1941 het heel eerste bevindings gepubliseer oor die ontwikkeling van  bloubosluisweerstandigheid teen arseen.
  • Mathewson & Baker, 1975 het weerstandigheid teen arseen bevestig by rooipootbosluise, bruinoorbosluise, bontbosluise (Boophilus) microplus
  • Baker, Jordaan & Robertson, 1979; Whitehead & Baker, 1961 by Asiatiese bloubosluise
  • Die wydverspreide gebruik van organofosfate as bosluisdoders in die veld het weerstandigheid by Afrika bloubosluise weerstand geselekteer en ook rooipoot- en bruinoorbosluise (Baker & Shaw, 1965; Baker et al., 1978a; Baker et al., 1978b; Coetzee et  , 1987a).
  • Daarna het weerstandigheid by die bloubosluise weens die voortdurende gebruik van sintetiese piretroïede, (Coetzee et el.1987b) wat vandag hoofsaaklik deur wildboere gebruik word in toedieners sonder oordeel en insigte van die gevare daarvan
  • Mekonnen et al., 2002 het weerstandigheid teen Amitraz (formamidiene) gevind by bloubosluise en bontbosluise, wat ‘n 3 -gasheerbosluis is.

 Deurlopende toediening van bosluisdoders op wild

Weerstandigheid teen bosluisdoders is in niemand se belang nie. Dit hou groot bedreigings in vir die suksesvolle vooruitgang van die wild en veebedryf. Vir die skep van rykdom onder bestaansboere en die produksie van skoon en veilige kos.

Veterinêre, Farmaseutiese en Dieregesondheidsmaatskappye het ‘n kwynende bron van waardevolle middels wat die uitdagings van veranderende klimaatsomstandighede, weerstandigheid teen antibiotika teen hartwater, asook ander artropode se skade moet voorkom by veral plantproduksie.

Die koste verbonde aan die ontwikkeling van ‘n nuwe beheermiddels was enkele jare gelede beraam op ongeveer US$300 miljoen per middel (onder korreksie).

 Ten slotte

Dipprogramme waar bosluise op vee en wild enigsins meer as 5-8 keer per jaar beheer moet word,  het geen wetenskaplike onderbou in hul bosluisbeheerprogramme nie. Dit is en moet ‘n baie duur uitgawe wees.

Wild wat ‘n deurlopende dipprogram ondergaan om bosluise op die diere te probeer beheer, het min begrip van die skade wat hul hulself aanrig met die onkundige toediening van bosluisdoders.  Dit is iets wat ter wille van die saak aan boere wys en opvoedkundig gekommunikeer moet word.

Dipstof hoort in genoegsame hoeveelhede op die teikengroepdier. Nie in die bosse rondom die diere nie.

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s