Beheer Bosluisgetalle Doeltreffend

Baie bosluise bereik ná die lang droogte nou die einde van hul lewensvermoëns en moet met die eerste en beste ideale geleentheid hul lewensiklus voltooi.

Die droogte het naas die verlies aan veld en weiding, ook vele biotiese lewe gedwing om in ‘n rusperiode te gaan. Van hierdie lewe is bosluise waarskynlik die belangrikste faktor waarmee rekening gehou moet word. Baie van hierdie bosluise bereik ná die lang droogte nou die einde van hul lewensvermoëns en moet met die eerste en beste ideale geleentheid hul lewensiklus voltooi.

Lewensvermoëns van enkele belangrike bosluise
Verskeie groepe meergasheerbosluise, soos bontbosluise, kan vir lang periodes )tot sowat drie jaar) neem om hul lewensiklus te voltooi. Onder normale omstandighede sou hul dit kon doen tussen drie en vyf maande.

Bontpootbosluisnimfe, wat in veral droë gebiede aktief is, kan vir sowat vyf maande onaktief raak indien omstandighede ongunstig is vir hul voortbestaan. Volgesuigde wyfies kan sowat agt maande wag voordat hul eiers lê in ongunstige of baie droë toestande.

Bruinoorbosluise is dagligsensitief. Afhangende van omstandighede, kan hul binne 10 dae tot twee maande neem om te vervel na gelang van omstandighede. Daarna lang tydperke oorlewe.

Eengasheerbosluise, soos bloubosluise, blyk nie meer grense te ken tussen winter en somer nie. Swaar besmettings is in die winter in droeër gebiede, soos Vryburg en Piet Plessis, gevind. Hul bly op een gasheer en kan tot agt maande oorleef sonder ʼn bloedmaal.

Beheer
Beheer van bosluise kan werklik net met kennis gepaard gaan. Weerstandigheid van artropode teen chemiese middels word oorgeërf. Dit vind plaas deur die selektiewe uitwerking van chemiese middels op weerstandige individue wat in klein getalle bosluise van alle groepe wat op die plaas voorkom. (Brown, 1976). Die grootste weerstandigheid word veroorsaak deur ‘n hoë frekwensie gebruik van bosluisdoders.

Veral wildboere kan hieraan skuldig wees omdat hul weens hul bosluislas op diere deurlopend bosluisdoders in onvoldoende doodmaakhoeveelhede toelaat. Boonop is opstellings en toedieners van só ‘n onkundige aard wat geen kennis bewys oor die rol van ultravioletstrale en impak van hitte op die aktief in bosluisdoders nie.

Weerstandigheid teen bosluisdoders (Sutherst & Comins, 1979).
Die bestaan of invoer (met aankope) van bosluis-individue wat ‘n mate van weerstandigheid besit (allelomorfe) teen bosluisdoders.

By vestiging van hierdie halfweerstandige individue (heterosigote), paar hierdie bosluise met potensiële genetiese weerstandige bosluisindividue wat die genetiese vermoëns uitbrei. (Keiding,1974).

Die finale fase is die vestiging en seleksie van volledig weerstandige  individue (homosigotiese individue) vind gewoonlik baie vinnig plaasvind. (Sutherst & Comins, 1979).

Bosluisvermindering en bestuur
Kennis van die lewensiklus van die bosluisgroepe op ‘n plaas, tesame met ‘n effektiewe produk wat funksioneel bosluise maksimaal kan uitskakel en verhoed dat hul nimfstadiums of geslagsrypheid bereik, (winter of somer) is baie werd.

Dit verhoed dat vele bosluise hoogseisoen-aktief is en ook in staat gestel word om aan te teel – veral in die somermaande. Karooverlammingsbosluisnimfe weer in die wintermaande.

Vele gevaarlike bosluisgedraagde siektes word nie met die eier oorgedra soos met rooiwater by bloubosluise nie. Die larf en nimf moet met die organisme besmet word op ‘n ander gasheer, voordat dit die siekte-organisme aan ‘n nuwe gasheer kan oordra.

Dieselfde argument vir beheer geld vir laatsomer. Bosluise moet verhoed word om geslagsrypheid te bereik, te paar en eiers te lê. Bontbosluiswyfies klim byvoorbeeld nie op ‘n gasheer as daar nie ‘n mannetjie is wat geslagsryp is en feromone afskei nie. Sou hul dit wel bereik, moet hul verhoed word om tot 18 000 eiers lê.

Dit kan net gebeur as effektiewe hoeveelhede bosluisdoders tydig en tyd-strategies, waarteen daar nie weerstandigheid geselekteer is nie, op plekke van die dier se lyf toegedien word waar dit funksioneel effektief is, soos by die ore, spene en geslagsdele.

Dipprogramme
Met kundige effektiewe diptoediening behoort geen wild- of veeboer meer as ses tot nege keer per jaar te dip, behalwe in uitsonderlike omstandighede waar weerstandigheid ‘n rol speel.

* Geskryf deur Pierre van Niekerk, pierre@dieregesondheid.co.za

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s