Rooiwater by beeste

Inleiding

Daar is twee tipe rooiwater, Babesia Bigemina en Babesia Bovis.
Die inheemse Afrikarooiwater word deur die inheemse bloubosluisspesie Rhipicephalus decoloratus oorgedra kan word. Dit kan ook deur die R. Micropolusspesie oorgedra word.
Interessante feite oor die verskillende rooiwaters
  1. Rooiwater word hoofsaaklik deur 1-gasheerbosluise oorgedra. Die Literatuur het dit ook dat Afrika rooiwater deur nog ‘n bosluis, ‘n 2-gasheerbosluis, naamlik die rooipootbosluis (Rhipicephalus evertsi evertsi ) oorgedra kan word.
  2. Babesia bovis word deur die Asiatiese bloubosluis, Rhipicephalus microplus oorgedra. Hierdie organisme is meer virulent as die Afrika rooiwater of dan B. bigemina.
  3. Hierdie bloubosluisspesie is ‘n ongelooflike intelligente organisme. Nie net kan hy beide tipe rooiwaters oordra nie (Afrika bloubosluis kan net Afrika rooiwater oordra), maar het hy ‘n ongelooflike vermoë om weerstandigheid teen bosluisdoders te ontwikkel.
  4. Die bosluis se vermoë om in ongewone klimaatsomstandighede aan te pas, soos teen die koue voete van die Drakensberge in Suid Afrika, en die warm Kalaharigebied na Tosca, Bray, Stella, Kuruman en verder noord is werklik kommerwekkend.
  5. Kommerwekkend, omdat die bosluispesie die Afrikabosluis wat ‘n effe langer leeftyd het, (sowat 24 dae) verdring en laat uitsterf. Die probleem hiermee is dat die bosluis beide rooiwaterspesies in gebiede inbring waar ensooitiese stabiliteit teen Afrikarooiwater kon ontwikkel het.
  6. Die metode om die Afrikabosluis te verdring is intressant. Die mannetjies paar met die Afrikabloubosluise en bevrugting vind nie plaas nie, maar sterilisasie. Die Asiatiese bloubosluis het ook ‘n effe korter lewenstydperk (+-21 dae) en lê sowat 500+ eiers meer as die gewone Afrika bloubosluis.
  7. Teen Afrika rooiwater kan geredelik ensooitiese stabiliteit gevind word. Dit beteken dat die diere die vermoë ontwikkel om die Afrikas rooiwaterorganisme in die kudde te verdra en, sou daar ‘n uitbraak plaasvind, die kudde nie erg daardeur geraak hoef te word nie. slegs vatbare diere wat nie die nodige teenliggaampies opgebou het in sy immuunstelsel nie.
  8. Om ensooitiese stabiliteit teen Asiatiese rooiwater te verkry, is heelwat moeiliker.
Die oordraging van die rooiwaterorganisme
  1. Afrika rooiwater word deur die bloubosluis deur die eier oorgedra van een geslag na die volgende geslag. Die bosluis kan dus die Afrika rooiwaterorganismes in die larfstadium aan die gasheer oordra word en die organisme bly in die bosluis teenwoordig.
  2. By Asiatiese rooiwater word die bosluis besmet met die Asiatiese rooiwaterorganisme op ‘n gasheer wat ‘n draer of reserviour is van die organisme is.
  3. Die bosluis dra dus nie die organisme hier oor nie, maar ontvang die organisme hier van die gasheer. Na afsterwe dra hy die organisme deur sy eier na die volgende geslag oor.
  4. Na die eier uitgebroei en ‘n larf te voorskyn kom, dra die besmette bosluislarf met aanhegting die Asiatiese rooiwaterorganisme oor in sy nuwe gasheer se bloedstroom.
  5. Hierdie is belangrik om te weet. Die besmette bosluis verloor die verplaasde Asiatiese rooiwaterorganisme heeltemal. Die bloubosluis is reeds in sy nimfstadium heeltemal skoon van die organisme al voed hy verder op die gasheer. Die bosluis neem hy nie die verplaasde organisme weer in sy bloedmaaltye op nie.
  6. Die bosluis is dus na voltooing van sy lewenssiklus heeltemal skoon van die organisme en moet eers weer in ‘n nuwe siklus met die organisme besmet word deur n draer of gasheer besmet word.
  7. Dit is die enkele rede waarom ensooitiese stabilteit teen die Asiatiese rooiwater baie moeilk verkry of verwerf word.
Kliniese tekens of simptome van rooiwater
  1. Hoë koors
  2. Rooierige of bruin uriene
  3. Slymvliese bleek tot geel
  4. Vinnige vlak haastige asemhaling
  5. Mis is pap en dikwels baie geel.
  6. Asiatiese rooiwater het verskeie kliniese ooreenkomste met hartwater.
Behandeling
Rednil, Berenil, Dimisol, Reverin of Forray 65, vit B-kompleks, lewerondersteuningsmiddels.
Voorkoming
  1. Diere kan suksesvol ge-ent word, veral nodig as diere vanuit gebiede waar rooiwater nie voorkom nie.
  2. Bosluisbeheer moet kundig toegepas word om diere deurlopend blootstelling te gee aan die rooiwaterorganisme deur bosluisbyte. Diere sal van te skoon dip, hul verworwe verdraagsaamheid teen rooiwater in ‘n paar maande verloor
  3. Daar is in die verlede geglo dat kalwers ‘n natuurlike weerstand het tot ongeveer ses maande oud. Dit is vir verskeie redes nie meer die oortuiging nie. Met die regte bestuur kan kalwers immuuniteit verwerf teen rooiwater in gebiede waar die siekte voorkom.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s