
Inleiding
Pas mens die reël toe op bloubosluise met hul kort lewenstydperk, en neem mens hul getalle in ag (sien laaste paragraaf) en dat sowat 7% van ‘n dier se massa bloed is, het dit ‘n enorme ekonomiese impak op die groeiprestasie van ‘n dier.
Weens bloubosluise se vinnige metabolisme, kort lewenstydperk het hul die vermoë om baie vinnig weerstandigheid te ontwikkel met ‘n ingewikkelde proses teen alle bosluisdoders bekend.
Algemene Kenmerke
- Twee groepe van ekonomiese belang kom in SA voor.
- Rhipicephalus (boophilus) decoloratus
- Die uitheemse pantropiese bloubosluis, Rhipicephalus (boophilus) microplus.
- Bloubosluise dra na erge bloedverlies, hoofsaaklike rooiwater en of galsiekte (Anaplasmose) oor.
- Die inheemse bloubosluis of Afrika bloubosluis kan net Afrika rooiwater oordra, wyl die uitheemse of Asiatiese bloubosluis, beide rooiwaters kan oordra
- Die gewone bloubosluis voltooi sy lewensiklus in ideale omstandighede in sowat 21-24 dae
- waarna die vol gesuipte wyfie afval
- na sowat 6 dae begin om sowat 2500 eiertjies te lê in ‘n beskermde plekkie, soos graspolle
- Die proses is aanvanklik intens. Sy lê in die eerste 70% daarvan vanaf dag 6 baie vinnig
- totdat sy min of meer op dag 21 die laaste eiers lê en afsterf.
- Die 6-pootige larwe broei na sowat 3 weke uit, mits omstandighede gunstig is, (temperatuur en vog) klim met ‘n grashalm na bowe en wag dan vir ‘n prooi.
- Larwes reageer heftig wanneer hul die trillinge van hoewe hoor en raak op ‘n grashalm aan die dans (om te kan heg) wanneer hul in aanraking kom met die koolsuurgas van ‘n dier se asem.
- Die larwe is ook so groot soos ‘n kopspeld se prik en moeilik vir die onkundige oog om te sien.
Lewensiklus
Die lewensiklus is hierna eenvoudig.

- Die eengasheerbosluis bly op die dieselfde dier die hele tyd.
- ‘n 6-pootige larwe neem ‘n bloedmaal binne die eerste 7 dae van vashegting, omvorm in die huid
- verander daarna in ‘n agtpootige nimf, neem in die volgende 7 dae ‘n bloedmaal en omvorm weereens, ontluik dan
- en word ‘n volwasse bosluis wat bloed moet inneem om geslagsryp te word, paar en afval en die lewensiklus begin weer.
- Wat hier verder van belang is, is dat die Asiatiese bloubosluis se lewensiklus sowat een week korter is as die gewone bloubosluis.
Bloubosluisgetalle.
As ‘n voorbeeld hiervan word die volgende inligting gegee van ‘n studie deur Prof. Ivan Horak
- Vir ‘n elke 68 volgesuigde bloubosluiswyfie met die oog sigbaar, is daar
- 476 ander wyfies in hul larf of nimffase
- vir elke wyfie is daar 2 mannetjies
- vir elke mannetjie 2 nimfe, en
- vir elke nimf, 2 larwes
Dit wil sê: 68 wyfies x 7 wyfies in larf of nimfstadium
- = 476 wyfies x 2 mannetjies = 938 mannetjies
- d.w.s 476 + 938 = 1428 volwasse bosluise
- en 1428 x 2 nimfe = 2856 nimfe x 2 larwes
- = 5712
Totaal: 1428 + 2856 + 5712 = 9996 bloubosluise wat hul lewensiklus in sowat 21- 24 dae kan voltooi en met die eier se uitbroei periode van sowat 6 weke tussenposes, kan ‘n geslag bosluise homself sowat 4 keer in 365 dae herhaal.
Dit is dus in hierdie hele proses waar die bosluis op een gasheer bly, en blootgestel word aan die aanwending van dipstowwe, waar weerstandigheid teen dipstowwe geselekteer word. Dit is dan ook net die bloubosluis en nie die ander bosluisgroepe wat ook op die dier voorkom nie.